0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers 'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei.

Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad.

Maar dan ontdek hulle iets skokkends . . . en dit word ’n saak van lewe of dood.

Weg (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers Weg (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae pad gevat om te gaan skilder.

Maar haar kęrel, Zack, word al hoe meer bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Toe hy boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd. Baie verkeerd.

Intussen word Niekie in ’n vreemde bed wakker; vasgemaak en vol kneusplekke. En by haar is ’n man. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.

SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Nog vier koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis.

Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:

Seesand, sonbrille en smokkelaars

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees

Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die węreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke

Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlę. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome

Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lę daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlę. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?

SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke... SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Drie koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk ’n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad aanvang, die nuutste modes en grimering uittoets … en natuurlik ’n bietjie romanse!

Vir die eerste keer verskyn drie van die gewilde SSS-boeke nou saam in een omnibus:

Selfone, skelms en sjokolade

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hę? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak …

SMS’e, skurke en spinnekoppe

Vier dae in die bos… Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlę op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers ’n nare onderwyseres wat ’n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. ’n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet…

Sepiesterre, sokkies en skobbejakke

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan fantasties wees en iemand gaan boonop gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe dramajuffrou is …

Klaskameraad Studiegids: Weg (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Klaskameraad Studiegids: Weg (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel; Compiled by Nerine Ahlers; Alet Steenkamp
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Maria's Keepers - One Woman's Escape…
Sam Human Paperback R280 R219 Discovery Miles 2 190
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Shield Anti-Freeze Summer Coolant 50…
 (4)
R57 Discovery Miles 570
Morbius
Jared Leto, Matt Smith, … DVD R179 Discovery Miles 1 790
Bostik Glu Dots - Extra Strength (64…
R48 Discovery Miles 480
Slippers
R57 Discovery Miles 570
Multi-Functional Bamboo Standing Laptop…
R595 R299 Discovery Miles 2 990
Bitdefender Internet Security 2018 (4…
R357 Discovery Miles 3 570
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300

 

Partners